Weather Forecasting for South Africa
Connect via
  • Home
  • 3 Day Outlook
  • Services
  • FFA
    • Synoptic Charts
    • Fire Legend
  • Bayer
  • Eskom
  • Client Login
    • 7 Day Forecast
    • 6 Month Forecast
  • Weather Pictures

Dinsdagaand: 29 Desember 2015

12/29/2015

0 Comments

 
​Goeie naand almal: Hallo Kenya:
Not much on the go in Kenya, maybe one spot in the south-west (green circle) where there maybe a few drops. The rest mostly sunny and cloudless overnight with cool temperatures.

Mens sou dink daar moet baie reën kolle wees met al die wolke oor die land, wel daar is nie verspreide reën nie, enkele kolle met ‘n bietjie reën. Rosh Pinah in Namibië (verre suid-westelike dele) het tot nou toe sowat 3.2 mm gekry  en naby Lime Acres in die Noord-Kaap tussen 3.2 en 2.4 mm, sover die beste reën. Dit het ook ligweg oor Durban begin reën maar dit is meer motreën as reën. Die kolle wat met groen omkring is, is waar daar druppels val met enkele storms en daar is selfs ‘n paar druppels wat val in die Calvinia gebied. Ongeag die wolke was temperature nog steeds bloedig warm > 35 C oor die meeste plekke en PTA het ook naby 35 C gedraai. Dit is net weer wat ek alreeds verskeie kere verduidelik het, die vog van die I.T.K.S is die tyd van die jaar ver suid soos julle kan sien, maar as die bolug dood is (in die geval ‘n bolug hoog wat die bolug stabiel maak) is daar nie juis reën om van te praat nie. Ons het ‘n boluglaag of versteuring nodig vir ‘n sneller aksie, en die ander sneller aksie wat reën kan laat toeneem is ‘n sterk oppervlakte hoog aan die ooste kant van die land wat onder die warm vogtige lug in wig kan inslaan, dus die lugmassa oplig na hoër vlakke (waar dit kouer en meer onstabiel is) maar in vandag se geval is nie een van die twee stelsels sigbaar op die kaarte nie. Dit moet verskriklik voel vir ‘n boer om al die vog (wolke) te sien en daar val nie juis reën nie, en bo-op dit is dit nog warm ook, so die bietjie reën wat wel val verdamp blits vinnig en maak weinig verskil aan plante. Ek kan maar net weer sê, die ramp toestande is reeds aan die gang en dit word net erger by die dag, en ek kan niks sien oor die volgende 10 dae wat my opgewonde maak nie. Met temperature van 39 C tot so te sê 6nm in die Ellisras gebied sukkel die manne om krag op te wek, die kragstasies wat daar gebou is en in aanbou is werk met lugverkoelling dus wanneer die temperatuur oor 36 C beweeg is daar verliese. Die Gariep dam kry ook nie water by nie, so ook die bron van krag kan nie benut word nie, nou moet ons net hoop dat die ander kragstasies op standaard is en dat daar nie weer iets in mekaar tuimel nie. Ek kan maar net weer sê vir die manne en dames, sterk wees, dit sal weer kom reën, miskien nie nou dat ons dit nodig het nie, maar man moet maar bly hoop en op you knieë bly.   
Picture
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Sakkie Nigrini

    I'm a private professional weather forecaster with over 35 years of weather forecasting experience for the African region.

    Archives

    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015

    Categories

    All
    Weather Africa

    RSS Feed

Picture
Source for Satellite Images: EUMETSAT (http://www.eumetsat.int/)
Source for Dam Levels: DWAF(http://www.dwaf.gov.za/)

✕