Weather Forecasting for South Africa
Connect via
  • Home
  • 3 Day Outlook
  • Services
  • FFA
    • Synoptic Charts
    • Fire Legend
  • Bayer
  • Eskom
  • Client Login
    • 7 Day Forecast
    • 6 Month Forecast
  • Weather Pictures

Dinsdagoggend: 27 Maart 2018

3/27/2018

0 Comments

 
​Goeie môre almal:
Lekker bewolk oor die noordelike en oostelike dele van die land maar daar is nie ‘n bolugtrog of versteuring wat kan help om reën te ,,maak’’ nie. Daar is weer vanoggend ‘n paar plekke met mis, sou jy daarin beland, ry versigtig. Meeste plekke het lekker afgekoel oornag maar ek sien daar naby Sutherland sowat 6 C en min of meer dieselfde by Buffelsfontein (Oos-Kaap). Bloemfontein begin nou ook onder 10 C draai in die oggende en daar moet ‘n gevoel van herfs in die lug wees. 
Die model wys ‘n redelike koue front wes van die Kaap, maar vir nou is die enigste meneer wat dinge kan opwarm die kuslaag wat oor die Kaap vorm. Oos van die laag gaan dit blitsig opwarm en agter die kuslaag sal daar koeler lug inbeweeg, een van daai dae dat Vredendal nie so rof warm word nie… Alhoewel koel vanoggend oor die Karoo gaan dit skerp opwarm deur die dag, en dit sê vir ons dat die brandgevaar skerp gaan toeneem deur die dag. Die laevlak vog in die noorde van die land sal deels wegbrand deur die dag maar ek verwag nie juis veel in die vorm van storms nie, ek gaan nou nie stry oor een of twee hittestorms nie, maar selfs hittestorms sal sukkel om aan die lewe te bly…. 
Nog ‘n paar reënbuie oor die noorde van Namibië wat Windhoek kan haal teen later vanmiddag. 
Die koue front wes van die Kaap beweeg stadig,. Ja, die koue front kan die Kaap bereik maar eers op die vroegste van môre af…

Geniet die dag…..
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Sakkie Nigrini

    I'm a private professional weather forecaster with over 35 years of weather forecasting experience for the African region.

    Archives

    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015

    Categories

    All
    Weather Africa

    RSS Feed

Picture
Source for Satellite Images: EUMETSAT (http://www.eumetsat.int/)
Source for Dam Levels: DWAF(http://www.dwaf.gov.za/)

✕