Weather Forecasting for South Africa
Connect via
  • Home
  • 3 Day Outlook
  • Services
  • FFA
    • Synoptic Charts
    • Fire Legend
  • Bayer
  • Eskom
  • Client Login
    • 7 Day Forecast
    • 6 Month Forecast
  • Weather Pictures

Donderdagaand: 28 Januarie 2016

1/28/2016

0 Comments

 
​Goeie naand almal: Hallo Kenya: A few odd light showers over parts of the country but I do not think very significant… 

Daar was vroeg middag een ,,brommer’’ hier naby my, in die Moot, maar geen reën nie. Intussen het meeste van die ,,brommers’’ verdwyn.  Die groen sirkels dui aan waar daar nou nog enkele storms/buitjies voorkom maar buiten vir die geel kol naby Durban nie veel om van te praat nie. Die res van die land as sonnig en naby aan baie warm. Ek lees in die media dat daar meer mielies aangeplant is as wat verwag is, die oes-skattings komitee moet net in gedagte hou dat baie van die mielies baie later as 10 Januarie aangeplant is, dit is dus die gesegde, moet nie jou hoenders tel voor die eiers nie uitgebroei het nie. Daar is nog steeds groot risiko’s en as daar nie vinnig opvolg reën oor groot dele voorkom nie, dan gaan baie van die droeë land mielies dit nie maak nie. Dan is daar nog die risko vir vroeë ryp ook in die vooruitsig, wees dus baie versigtig wat julle aan die media sê. Daar is nou baie skietgoed dat die staatskas nie gaan wil help nie, dus is die stellings wat gemaak word gevaarlik, en is tot nadeel van die boere. Damvlakke in die Vrystaat is gevaarlik laag, in baie gevalle minder as 5% en dit nadat dit kol-kol gereën het, so die droogte krisis is nog glad nie afgeweer nie. Die Bloemhofdam is ook gevaarlik laag, minder as 20%, wat in impak kan hê op die voorsiening van water aan besproeiings skemas. Dink voordat julle met die media begin gesels, dit wat op die ou einde op swart en wit gedruk word, is tot nadeel van boere, en kan ook die prys afdwing, juis nou dat daar baie geld spandeer is aan insetkoste met geen waarborg dat jy jou geld gaan terug kry nie. Vir voedsel sekerheid is dit nie individue wat moet probeer om die probleem op te los nie, dit moet ‘n gesamenlike poging deur alle rolspelers wees. Ek sê maar net, wees geduldig…  
Picture
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Sakkie Nigrini

    I'm a private professional weather forecaster with over 35 years of weather forecasting experience for the African region.

    Archives

    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015

    Categories

    All
    Weather Africa

    RSS Feed

Picture
Source for Satellite Images: EUMETSAT (http://www.eumetsat.int/)
Source for Dam Levels: DWAF(http://www.dwaf.gov.za/)

✕