Die grown omkringde gebied dui dalk op ‘n paar los buie oor Namibië maar die verspreiding is swak Die blou van die foto oor die suid-westelike dele van die land is meestal net middel en hoë wolke en ek kan nog geen reën sien om te noem nie. Nadat temperature al vroegoggend goed oor die 30 C was in die George gebied het dit tan minste effe afgekoel, maar dit is ook die streek wat die meeste reën deur die winter en vroeë somer gekry het, die reën hou nog tans so effe uit die moeilikheid tensy daar nou iemand is wat regtig ‘n dom ding sou aanvang, altyd moontlik, in die verlede was daar al vure met ‘n indeks (blou) Soos julle self kan sien gebeur daar net mooi niks oor die binneland nie, die model wys dat daar ‘n mm of twee môre kan val oor dele van die Karoo, wel daar sal ook dele wees wat niks kry nie. Met die wolklose nag op hande oor die grootste deel van die land, behoort dit weer lekker af te koel met minimum temperature weer goed onder 10 C op baie plekke oor die sentrale binneland.
Goeie naand almal:

0 Comments
Leave a Reply. |
Sakkie NigriniI'm a private professional weather forecaster with over 35 years of weather forecasting experience for the African region. Archives
March 2018
Categories |