Mostly overcast over Kenya this morning with a few spots with some light showers, except in the extreme east. The overcast regions may see scattered showers and a few thundershowers this afternoon.
USA: I only look at the USA weather once a day and I do not source actual data for this state, but as you can see it does look like a well-defined winter storm/rain over northern California. This is the first time (in months) that I see proper develop over parts of this state, and there is a fair chance that the rain band will move south and east and cover most of California. I hope all parts do get at least a couple of mm, or should I say, points and a couple of inches…. Click on the photo to see better detail..
Ek sien Upington (dele van) het na gister se sowat 22mm nog 7mm gekry sedert middernag. Daar was ook plekke in die verre noorde van Noor-wes wat tot soveel as 60mm gekry het, maat as mens na die totale prentjie kyk, dan gaan dit nou in die weste soos dit nog die hele tyd landwyd gebeur, kolle en strepe. Die groen kolle is waar daar vanoggend nog buie kan voorkom, veral oor die noordelike dele van Botswana. Die geel strook wys waar daar voldoende vog is vir donderstorms vanmiddag en vannag, terwyl die blou lyn oor die ooste van die land meestal net lae wolke aandui, maar met stabiele bolug verwag ek nie veel oor die strook nie. Daar kan wel teen die platorand motreën of ten beste misreën voorkom vanoggend.
Die 2 de foto is dieselfde, maar op die foto dui ek met groen aan waar daar ‘n kans is vir storms vanmiddag en vannag, terwyl die model my in ‘n rigting wil stuur om te sê (net min of meer) dat in die ligblou kolle daar tot 25mm kan voorkom. Die gebied tussen die groen en die geel lyn is waar die model nie juis veel reën wys nie, maar ek dink tog daar is genoeg vog (verskeie vlakke) dat daar ten minste ‘n 20% kans is vir ‘n klompie storms vanmiddag. Soos julle kan sien kan die donderstorms, let wel storms meen donderweer maar nie noodwendig reën nie, weer tot baie naby aan die Kaap beweeg en soos gistermiddag kan daar weer storms voorkom, dus weerlig en donder, maar nie noodwendig reën nie. Dit word weer ‘n geval van uiters hoë brandgevaar, dit is nou al so vir ‘n hele paar dae en die toestande verander nie vir die suid-wes Kaap nie. Op julle hoede wees.
Ek dink daar is seker ‘n klompie druiwe boere in die Upington gebied wat seker nie nou reën wil hê nie, maar vir die bees boere, wel ek dink hulle gaan die reën geniet. Wel, dit is my storie vir nou, sal vanmiddag kyk waar wat gebeur….tot later.. (Kliek op die foto vir 'n meer duidelike prentjie!!)