Nie verskriklik baie wat gebeur nie, net bloedig warm later vandag. PTA het by 35 C gedraai gistermiddag en ek dink ons is alweer oppad na dieselfde temperature vanmiddag. Niks fantasties nie, maar daar is ten minste ‘n swak rug van hoog wat reeds besig is om oor die suid-kus van KZN in te beweeg. Die wind het reeds in Durban gedraai na suid tot suid-wes, so dit behoort effe koeler te wees oor die suidelike dele van KZN vandag as gister, ek sê effe want ons praat van die lae 30’s tot hoë 20;s. Die koue front wes van die land is ook baie eina en buiten dat dit bewolkte kolle kan maak later vandag oor die Kaap sal dit weer nie veel opwarm oor die Kaap nie. Die geel strook oor die binneland is waar daar weer soos gistermiddag donderstorms kan voorkom maar weer kan mens nie praat van noemenswaardige reën nie, wat wel kan gebeur is weerlig vure!! Neem kennis… Die groen kolle oor Botswana en verder noord, veral oor Angola is daar ten minste vog wat suidwaarts migreer. Dit sal nog ‘n klompie dae neem, maar dit lyk op die stadium dat ons beter storms kan begin sien van Oom Paul Kruger se verjaardag, dit sal histories korrek wees indien dit so sou uitwerk. Jammer vir die groot foto, daar is geen ander foto opdateer nie, tegniese probleme by Eumetsat.
USA:
John, the model maintain the closed low off the California coast later this afternoon, your afternoon is about 10 hours later than us. The rainfall model scale down on the spread of rain but does still indicate up to 25mm just to your north. (25mm = 1 inch) I will hold thumbs that it will happen and that there will be rain over Fresno as well.. The hurricane or what is left of it, is moving north as expected and the further north it moves, the colder the seawater, thus will become a cold front moving further east, perhaps rain in 3-4 days’ time for the UK.