Weather Forecasting for South Africa
Connect via
  • Home
  • 3 Day Outlook
  • Services
  • FFA
    • Synoptic Charts
    • Fire Legend
  • Bayer
  • Eskom
  • Client Login
    • 7 Day Forecast
    • 6 Month Forecast
  • Weather Pictures

November 10th, 2015

11/10/2015

0 Comments

 
​Goeie naand almal:
Bloedwarm oor die noordelike dele van die land, die koeler vogtige lug het tot by Durban gekom maar nie veel verder noord nie. Ja, daar val ‘n bietjie reën in die Durban gebied maar is hoofsaaklik beperk tot die kus, @ 7nm het daar sowat 3.4mm in dele van Durban geval, ja dit reën maar dit sal nog die  droogte wegreën nie. Die Kaap onder El Nino toestande en met die gebrek aan koel water langs die oos-kus wat weer die Indiese hoog onderdruk, maak dat daar nie rerig sterk aflandige vloei voorkom oor die Kaap nie. Die manne en dames in die Kaap sê gou vir my dat dit koel tot selfs koud is in die Kaap, wat in lyn is met El Nino toestande. Dit was soos verwag weer bloedig warm vanaf noord KZN tot Messina met temperature 37 C tot so hoog as 42 C. Voeg daarby dat daar bitter min oppervlakte vog is, maak dat die brand gevaar uiters hoog bly. Die wind gradient is nie baie sterk nie, dit is ‘n bonus, maar indien daar ‘n vuur uitbreek dan verhoog die windspoed dramaties, so wat ek sê, ek kan die algemene toestande voorspel maar hoe gaan ek weet waar daar ‘n ongeluk hetsy per ongeluk of doelbewus begin. Dit is wanneer die man of vrou op die grond intydse besluite moet neem, die windspoed aanpas om by die werklike indeks uit te kom. Dit klink miskien ingewikkeld maar met die sagteware tot die operateurs se beskikking is die maklik soos water te drink. Dan is daar nog die kwessie van plaaslike winde veral in die Kaap waar daar hoë berge is, die verskil in temperatuur op die top van die berge en die valleie maak ‘n termiese wind, wat by tye sterk kan wees maar is gewoonlik vir ‘n  paar uur voordat dit stabiliseer. Ek voorsien min verandering vir môre, alles bly dieselfde en met ‘n ,,dooie’’ bolug is die kanse vir noemenswaardige reën wat by sowat 10mm begin, nie juis sienbaar op die huidige data nie en ja, daar is ‘n kans vir reën na die einde van die week en oor die naweek, maar in meeste gevalle kan ek tans nie meer sien as 0.5mm tot maksimum 10mm, en dan mag daar een of twee uitsonderings wees op die oostelike Hoëveld waar dit kol-kol meet as 10mm kan val. Daar is ook ‘n paar los buie en donderbuie  oor dele van Namibië, sien groen kringe, maar reën op die grond is nie veel nie. Daai groen en rooi kolle oor Angola sou ek graag wou sien om verder suid te beweeg maar tans is daar nie ‘n bolug stelsel wat dit kan laat gebeur nie, maar ons mag maar hoop….. 
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Sakkie Nigrini

    I'm a private professional weather forecaster with over 35 years of weather forecasting experience for the African region.

    Archives

    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015

    Categories

    All
    Weather Africa

    RSS Feed

Picture
Source for Satellite Images: EUMETSAT (http://www.eumetsat.int/)
Source for Dam Levels: DWAF(http://www.dwaf.gov.za/)

✕