A few odd storms and showers in the west and south-west while mostly cloudy in the yellow areas, The central parts seem to be fine…
Mooi storms en buie oor die Caprivi vanmiddag asook in die noord-westelike hoek van die land. Hier by ons is dit net enkele los hittestorms na weer ‘n bloedige warm dag oor die westelike dele van die land. Die groen kringe wys waar daar ‘n paar buie en of donderbuie voorkom maar as mens na die totale prentjie kyk lyk die verspreiding nou nie juis veel meer as 20% as dit so baie is. Die Kaap was ook warm en bedompig, onthou die brand seisoen is nou erg op sy hoogte punt, en selfs dele in die Vrystaat begin weer na gevaarlike vlakke beweeg. As jy moet brand, doen dit onder beheerde toestande, en dan as dit so warm is, is dit beter om dit uit te stel na ‘n dag waar vure makliker beheer kan word. Daar is ‘n paar kolle storms oor die oos-kaapse binneland, maar dit is mog het troffe storms, mag jy/sy gelukkig wees.