Not much over Kenya this morning, a few cloudy patches but overall just sunny. There is a small chance for a few storms in the west and south-west the afternoon.
Die oostelike dele wat die Laeveld insluit is bewolk vanoggend en ja, daar is kolle met mis of selfs motreën, maar dit is nie veel nie. Daar het sowat 2% (verspreiding) buie en storms probeer ontwikkel noord en noord-wes van PTA, maar ek kan nie sien dat hulle te lank sal hou nie. Nou nie ‘n kwaai koue front nie maar wel een suid-wes van die Kaap met ‘n kuslaag wat vorm oor die Kaap vanoggend, waar die wind in meeste gevalle reeds noord-wes is. Soos die koue front nader skuif aan die Kaap so sal die kuslaag langs die kus opbeweeg en verwag ek die laag in die PE gebied teen sowat 2nm. Voor die kuslaag sal dit blits vinnig opwarm maar net weer so blits vinnig afneem as die kuslaag deur beweeg. Met die kuslaag wat teen die kus gaan opbeweeg gaan die bewolkte toestande ook begin wegbrand en ja daar is sekerlik ‘n 2% kans dat daar enkele storms kan ontwikkel later vanmiddag, maar ‘n storm sal reg bokant jou plaas, of dorp of erf moet ontwikkel om reën te kry. Druppels die tyd van die jaar is nie reën nie, maak dit meer ongemaklik voel as wat dit die lug afkoel. Oor die res van die binneland is dit sonnig, nie te rof warm vanoggend nie, maar dit sal weer skerp opwarm oor die wolklose dele en daar gaan verseker weer ‘n paar plekke 38-40 C haal. Die noordelike dele van Namibië het ‘n billike kans vir die herontwikkelling van storms en buie, en dieselfde geld vir Botswana in die gebiede omkring met geel en groen. Die bolug hoog bly in plek, en is steeds ons groot probleem, dit keer die ontwikkelling van donderstorms en beperk enige ontwikkelling van omvang, dus ten beste, en soos aangetoon, ‘n paar los hittestorms vanmiddag. Dit is en bly krities, mens kan dit nie meer kritiek noem nie, dit is erge ramp toestande oor die grootste deel van die Vrystaat en Noord-Wes, en alhoewel dit redelik groen kan wees oor KZN (1-5 mm so al om die ander dag) is dit in hierdie seisoen ook kritiek droog. Ek het uit meer as een bron verneem dat daar nie veel aanplantings is oor Noord-Wes nie, en selfs die manne wat in KZN probeer plant het se mielies het meer as 50% skade wat meer sal word indien dit nie goed reën nie. Die huidige voorraad mielies gaan hopelik hou tot so Maart/April maar met ‘n verwagte klein oes, is die kanse baie goed dat ons weer soos vroeë droogte jare geel en wit mielies sal moet meng om te voorsien aan die vraag. Ek persoonlik hou nie gemengde pap nie, so as ek dit sê dan bedoel ek dat dit dalk nie ‘n slegte plan sal wees om nou daarmee te begin nie, hoe langer ons wag om dit te doen, hoe meer geel mielies sal gebruik moet word. Die ergste sal wees is dat ons ‘n baie swakker gehalte mielie sal moet maal, ingevoerde mielies is 99% van die kere van ‘n baie swakker gehalte as wat ons plaaslike verbou….en dan gaan ons nog baie meer vir die swak mielies moet betaal… Dink manne, maak nou al ‘n plan, moet nou nie wag totdat dit amptelik ‘n ramp word nie…..